‘n Dankbaarheids brief

 ‘n Besoekende spreker by ons kerk het eenmaal gese: “Run with someone else’s dream and you will be blessed!”
 
Aan al jul wonderlike vroue …..van die NG en Vineyard in Knysna tot Emsie en haar groepie van NG in Wellington….julle het gekies om medewerkers in hierdie bediening te wees en daarom deel julle in die vrug van hierdie belegging in die wingerd – die een wat gaan en die een wat stuur, deel gelykop in die oes!
 
Die kleertjies vir die babatjies en die selfgemaakte krale-armbandjies en halssnoertjies of gehekelde kruisies, blommetjies en hangertjies is ‘n simbool van jul liefde en omgee. Ons spreek seën oor die babatjie en mamma….vertel haar van die outoriteit wat sy het om dwarsdeur haar lewe net goeie dinge oor haar kindjie te spreek en dit dan te sien realiseer……en so word hierdie items kosbare simbole van Jesus se liefde  vir haar en haar kindjie!
 
Hierdie items reis saam na kraamsale waar ons ookal gaan… so is babatjies en mammas al geseën vanaf Knysna tot Prince Albert en Ceres, Paarl tot Windhoek en tot in ‘n hut op die vlaktes van Damaraland …en dan opwindend!… die visie om volgende jaar wanneer Jacky Israel toe gaan, ook hierdie bediening daarheen te neem! Die “ultimate” droom bly egter: dat iemand in elke dorp die roep sal hoor om weekliks net ‘n uur te bestee om seën te gaan spreek oor die mammas en babatjies in die kraamsaal van hul hospitaal en hul so te bemagtig in Jesus Naam!
 
SO baie dankie aan elke vrou wat op watter wyse ookal, saam hardloop met hierdie droom…jul getroue betrokkenheid is ‘n gereëlde bevestiging dat hierdie bediening binne-in die sentrum van God se wil is. Prys die Here!
 
Met baie waardering en liefde
Elza Kellerman
BABY POWER PROJECT
Leoni van Rooyen van NG gemeente Knysna  (webblad en die skakel met NG Kerk)
Jacky Henry van Vineyard Knysna  (besoek en seën mammas en babas)
Elza Kellerman van Vineyard Knysna  (besoek en seën mammas en babas in antwoord op die roep 5 jr gelede)
Volg ons Pinterest bord vir inspirasie om armbande en hangertjies te maak vir die projek
http://www.pinterest.com/knysnakerk/hekel-en-brei-inspirasie/
Screen Shot 2014-11-02 at 2.32.10 PM