Buffelsbaai Basaar 17 Desember 2016

Op Saterdag, 17 Desember vanaf 08:00, hou ons ons jaarlikse Buffelsbaai Basaar in die kerksaal.

Heerlike tuisgemaakte eetgoed, handwerk en geskenke te koop.

Geniet heerlike gebak van die koektafel, boereworsrolle, sosaties, kerrie & rys, pannekoek, poeding (daar is darem maar niks soos basaar-poeding nie!), gebakte vis en lekkers vir kinders van alle ouderdomme. Speel Tombola en kom kyk watter skatte jy by die Wit Olifante tafel ontdek. Daar is iets vir almal!

Ondersteun ons asseblief!