JEUG

Liggies Kerk

Liggies Kerk

Liggies Kerk is vir kleuters (3-5 jaar) en Juniors (graad 1-6) en vind plaas tydens die Kruiskerk diens in die Kleinsaal.

Ons mentors en leiers maak die temas en lesse altyd baie lekker, prakties en aktueel vir die jongklomp.

Volg ons op Facebook:  www.facebook.com/LiggiesvirJesus/

Liggies Konsert 2017

 

 

Identity Groei

ID 2018 groei NB

Tieners (graad 7-12) kom in die Kerkgebou bymekaar na afloop van die Kruiskerk diens, 10:45-11:30 vir lekker saam kuier en geestelike verdiepinge.

Die Identity “Crew”, wat uit belydenende jongmense bestaan, is die kreatiewe leiers wat hierdie geleentheid ‘n baie unieke geur gee.

Volg ons op Facebook:  www.facebook.com/identityknysnajeug/ en op Instragram: identity_knysna

#2017  Staptoer 2017-02

 

Belydenis van Geloof

ID 2018 Belydenis

Die belydenis groep kom maandeliks bymekaar om ‘n verskeidenheid geloofs en kerklike temas deur te praat. Wanneer die groep bymekaar is maak ons tyd en ruimte vir diep gesprekke en vrae.

 

 

Jeug Aktiwiteite

Ons is het ook verskeie jeug aktiwiteite en bedrywighede deur die jaar, onder andere fliek aande, kampe, uitreike, die #imagine Experience, staptoer en stranddienste. Hou gerus ons Facebook-blad dop vir meer inligting oor hierdie geleenthede, of skakel Stefan Human.

Fliek 2017