Wat is ons?

NG gemeente Knysna, mense wat lief is vir die Here.

Saam probeer ons so leef, dat ander iets van God se liefde kan raak sien en ervaar.

Ons kom weekliks bymekaar tydens ons eredienste.

In ons kleingroepe leer ons mekaar beter ken en groei saam nader aan God.

Ons kinders kom Sondae bymekaar in kategese klassies om meer te leer van God en Sy liefde vir hulle.

In Knysna maak ons ‘n verskil.

  • Ons reik uit na behoeftiges en siekes.
  • Ons sien om na eensames en mense wat oud geword het.
  • Ons hou saam basaars, konserte en ‘n dans!
  • Ons saai liefde en blydskap in hierdie pragtige omgewing langs die see, die berge en die Knysnabos!