Isibindi (Ysterplaat gemeente) en KnysnaKerk is baie opgewonde om in 2023 vir die eerste keer 'n diensjaar aan te bied. 18-25 jariges, kom meld jouself aan om tydens hierdie jaar te kom inploeg in plaaslike gemeenskappe, maar ook om ontwikkel te word in jou leierskap, karakter en geloof. Boonop word jy opgelei as bedienaars in een van vier bene: Jeugwerk, gemeenskapswerk, berading of prediking, waarvoor hul 'n sertifikaat van Hugenote Kollege ontvang. Registrasies is nou oop.