KnysnaKERK 'n plek waar jy God kan leer ken en jou doel kan ontdek

Welkom by KnysnaKERK

Ons is ‘n vriendelike, warm dorpsgemeente met ‘n groot hart vir mekaar, ons dorp en vir God.  Hier is plek vir elkeen!  Hier kan kinders, tieners en volwassenes God leer ken, ‘n omgee-lewe leef saam met ander, hul unieke roeping ontdek en saam ‘n verskil maak.  Ons is passievol oor God se genade, oor hoe dit mense transformeer en die verandering wat dit in Knysna maak.  

 
Efesiërs 1:9-10  Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een Hoof te verenig, naamlik onder Christus.

 

Wat Glo ons?

By Knysnakerk glo ons dat God mense liefhet en roep om deel te wees van Sy herstelwerk in die wêreld. Ons bestaan nie bloot vir onsself nie, maar om Jesus te volg, Sy liefde uit te leef en Sy hoop sigbaar te maak in ons gemeenskap en verder.

Ons glo in God die Vader, Skepper van hemel en aarde, wat steeds besig is om Sy skepping te vernuwe en mense na Hom toe te trek.Ons glo in Jesus Christus, die Seun van God en Verlosser van die wêreld. Deur Sy lewe, kruis en opstanding het Hy die weg na God oopgemaak en ons geroep om as Sy dissipels te leef. Ons glo dat Jesus die hoop van die wêreld is en dat elke mens uitgenooi word om Hom te ken en te volg.

Ons glo in die Heilige Gees wat ons toerus, lei en bemagtig om God lief te hê, mense te dien en die evangelie met woord en daad uit te leef.

Ons glo dat die Bybel God se geïnspireerde Woord is wat ons vorm, rig en uitdaag om getrou aan Christus te leef.

Ons glo dat die kerk die liggaam van Christus is – 'n diverse familie van gelowiges wat saam aanbid, saam groei en saam uitgestuur word om God se liefde in die wêreld sigbaar te maak.

Ons glo dat God elke mens met 'n doel en waardigheid geskep is. Daarom wil ons 'n plek wees waar mense Jesus ontmoet, geloof ontdek, genesing ervaar, tuis kan kom en toegerus word om 'n verskil te maak.

Ons glo in die vergifnis van sondes, die opstanding van die dooies en die ewige lewe. Hierdie hoop dryf ons om met geloof, liefde en verwagting te leef terwyl ons saamwerk aan God se Koninkryk.

Daarom is ons roeping eenvoudig: Om Jesus te volg, mense lief te hê en hoop te bring – in Knysna, die Tuinroete en tot aan die eindes van die aarde.

 

Wat kan jy by KnysnaKERK verwag

Relevante boodskappe

Ons bring die Woord op 'n prakitese en eenvoudige manier wat van toepassing is op elkeen se lewe.  Ons dienste is nie langer as 'n uur nie.

Familie vriendelik

Omdat gesinne die bousteen van 'n gesonde samelewing is, doen ons alles wat ons doen op 'n familievriendelike manier.

Opregte

Aanbidding

Ons glo in sielsvolle aanbiddidng, op 'n manier wat tot verskillende mense spreek.

Ons sien uit om jou te ontmoet

Marketers

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and more.

Designers

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and more.

Copywriters

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and more.